21/06/2026
🚛❤️ Happy Father's Day van die Rooiwangetjies! ❤️🚛
Vandag bring ons hulde aan al die pa's wat elke dag opoffer, hard werk en hul gesinne eerste stel.
'n Groot dankie aan elke drywer wat ure op die pad deurbring om ons kliënte se vragte veilig by hul bestemming te kry. Julle toewyding, professionaliteit en harde werk is die dryfkrag agter ons sukses.
Ook aan die span agter die skerms – die administrasie, werkswinkelpersoneel, koördineerders en almal wat elke dag hul deel doen – dankie vir julle ondersteuning en onmisbare bydrae.
By Duivenhoks Vervoer weet ons dat sukses nie deur een persoon bereik word nie, maar deur 'n span wat saamstaan en saamwerk.
Geniet die dag saam met julle geliefdes.
Julle word waardeer!
Gelukkige Vadersdag aan al ons pa's, drywers en die hele Rooiwangetjie-familie! ❤️🚚