24/08/2026
Vandag wil ons met opregte dankbaarheid sê:
JOENICA IS GEHELP! 🌸
Wat begin het as ’n oproep om ’n klein dogtertjie ’n veilige plek te gee om te leer, speel en groei, het gewys wat moontlik is wanneer ’n gemeenskap saamstaan.
Danksy die ongelooflike ondersteuning van mense wat bereid was om te gee, te deel, aan te moedig en te ondersteun is Joenica in 'n kleuterskool.
Elke bydrae, groot of klein, het ’n verskil gemaak. Elke deel van die plasing het gehelp om haar storie verder te dra.
En elke persoon wat gevra het: “Hoe kan ek help?” het vir ons gewys dat daar steeds soveel omgee in ons gemeenskap is.
Ons kan nie almal se omstandighede verander nie, maar saam kan ons ’n kind se volgende hoofstuk verander.
Namens Valour Foundation en Joenica se familie:
BAIE, BAIE DANKIE.
Dankie dat julle saam met ons gestaan het.
Mag hierdie net die begin wees van ’n mooi toekoms vir Joenica.
Valour Foundation