Rev jou Toere

Rev jou Toere Bekostigbare meerdaagse toere en uitstappies gereël deur hoogs ervare personeel.

Rev jou Toere, 'n voorkeur SuidKaapse toeroperateur wat groepstoere reël vir Seniors, 50Plussers en Pensioenarisse vanaf George en Mosselbaai asook Pretoria en Centurion.

31/08/2026

🌼 DAG 7 – WESKUS VELDBLOMMETOER 🌼

’n Dag van verwondering… en ’n toer wat ons harte vol maak!

Na ’n luilekker laat ontbyt sluit ons spesialisgids, Edwin, by ons aan vir ons dag se besoek aan Weskus Nasionale Park en Postberg.

En sommer net buite die hek begin die natuur alweer met ons praat… 🌸

Ons ry, stop en kyk…
dan ry ons weer, stop en kyk…
dan klim ons uit en kyk nóg ’n bietjie! 😄🌼

Edwin deel sy ongelooflike kennis met ons en vertel ons van elke blom en plant wat ons raakloop. Maar dis nie net blomme wat ons aandag trek nie — ons sien ook wonderlike voëllewe, onder andere ’n Vleiarend, akkedisse en selfs ’n skerpioen! 🦅🦎🦂

En dan lê die Langebaan-meer voor ons… wat ’n uitsig! 🌊💙

Uiteindelik kry ons ook die veldblomme in al hulle verskillende vorme: plate vol kleur, enkel blommetjies wat jou dwing om nader te kyk, en klein areas waar die veld soos ’n geheime blomtuin oopvou. 🌼🌸

Ons besoek ook Seeplaas en die VOC baken by Geelbek en staan verstom oor die asemrowende uitsig en die besondere mooi van die Weskus.

En dan sluit ons die dag — en amper die toer — op ’n hoogtepunt af met ons laaste aandete saam.

Ons is dankbaar, tevrede, verwonderd en vol blydskap. ❤️

Ons het gesien.
Ons het gehoor.
Ons het gevoel.
Ons het gelag, geleer, ontdek en herinneringe gemaak wat nog lank saam met ons sal reis.

Die Tuin van God se skepping bly eenvoudig uitsonderlik mooi. 🌍🌼

Maar… moenie nou al totsiens sê nie! 😉

Môre is ons laaste dag — die terugrit huis toe — en daar wag nog verrassings langs die pad! 🚌🌸

Vir vanaand lê ons koppe neer met harte vol mooi herinneringe.

Sweet dreams, toervriende! 🌙💤❤️

Môre skryf ons die laaste hoofstuk van ons Weskus-avontuur…

Rev Jou Toere
Dis meer as ’n reis – dis ’n belewenis van behoort. 🌼🚌❤️

30/08/2026

Today, August 30:

“This day in our shipwreck and aeronautical wreck history”

1819: Good Hope, this wooden-hulled brig wrecked at the Baakens River mouth in Gqeberha/Port Elizabeth in the Eastern Cape in the same south-easterly gale that claimed the Thomas, Uitenhage Packet, and the Winifred & Maria the previous day.

1845: Martha, this wooden-hulled brig wrecked during a south-easterly gale in Mossel Bay in the Western Cape. It entered Mossel Bay because it had lost its boats and was running low on provisions. Its cargo of mail was saved.

1868: Ambleside, this wooden-hulled barque wrecked in a south easterly gale just north of the Mzimkhulu River mouth in Port Shepstone in KwaZulu-Natal. Her cargo of cotton and linseed littered the beach and was sold at auction for a considerable profit.

1881: Teuton, this iron-hulled steam-powered ship struck a chartered rock near Quoin Point in the Western Cape and foundered shortly afterwards near Danger Point in the Western Cape. It was en route from Table Bay to Algoa Bay when it found itself about 1.6 km off course with the Cape Agulhas lighthouse in sight at 19:00, striking a chartered rock off Quoin Point. The captain inspected the damage and felt confident it would make the journey back to Simons Town for repairs. The crew and passengers manned the pumps and started throwing cargo overboard to lighten it. As a precaution, the lifeboats were also readied. At about 22:00, off Danger Point, the pumps could no longer cope with the incoming water and its stern section raised with the propellor no longer in the water. The first boat was launched in an orderly fashion and filled with children and women and whilst the second boat and third boats were being launched, the Teuton suddenly flipped over, bow first, and sank within minutes. The first boat swamped as a result with only 27 people managing to reach the second and third boats. The two lifeboats made it into Simons Town and a day later a third lifeboat with only nine souls on board arrived in Table Bay, having struggled to get into False Bay. It was said at the time that a Miss Rose/Ross provided the clearest account of what had occurred from the perspective of the passengers. She was a teenager and the only woman to have survived the event and in the 2021 wrecking anniversary post on our page, a user commented that she was her great grandmother and was adopted by a rescuer with her name changing to Elizabeth Maxwell. The other 236 souls that were on board the Teuton were lost and the event has gone down as one of the worst maritime disasters from a single ship sinking in South African waters.

1888: A south easterly gale blew into in Gqeberha/Port Elizabeth in the Eastern Cape and created havoc in Algoa Bay. Between 8-10 vessels were wrecked or grounded (historical sources vary) but out of all of them only one life was lost during the wrecking and a second, shortly thereafter, possibly linked to a wrecking.

• Andreas Riis, this Norwegian barque wrecked whilst discharging its cargo of coal.
• Burgomeester (possibly Burgomeester Schorer), this schooner ran aground after discharging its cargo. It was possibly refloated.
• C Boschetto, this Italian barque was put in for repairs and was lost after its cables parted. A local photographer, Mr William Alcock, was called to assist the rocket brigade during its rescue as his ‘limelight apparatus’ was needed to illuminate the scene.
• Dorothea, this German brig was lost shortly after having discharged its general cargo and 4,000 cases of dynamite.
• Drei Emmas, this Belgian barque was lost whilst discharging its cargo of coal.
• Elizabeth Stevens, this British barque was lost and was carrying a cargo of wheat.
• Jane Harvey, this British Barque was lost whilst loading its cargo of mohair.
• Lada, this Austrian barque wrecked after discharging a cargo of rails, and although no lives were lost during the wrecking, the captain died from heart failure shortly thereafter and there is speculation that the loss of the Lada resulted in this.
• Natal, this Swedish schooner wrecked after its cables parted and its cargo had been discharged.
• Wolseley, this British iron barque wrecked when its cables parted whilst discharging its cargo. One crew member perished.

1888: Rosebud (pictured below), this wooden-hulled schooner wrecked during a south-easterly gale on Pansy Beach in Mossel Bay in the Western Cape. After its wrecking, the beach was renamed Rosebud Beach, but is sometimes still called Pansy Beach. During spring low tides, some of the wreck protrudes out of the sand.

1908: Ticino, this iron-hulled collier wrecked 8 km south of Port Nolloth in the Northern Cape in heavy seas after the bar in Port Nolloth became impassable and it lost two of its anchors. It broke up within an hour after wrecking.

30/08/2026

🌼 DAG 6 – WESKUS VELDBLOMMETOER 🌼
Van blomme en lamspasteie tot San-kultuur en ’n vuurkos-aand!

Vanoggend het ons sommer met ’n huppel in die stap opgestaan! 😄 Ná gister se ongelooflike dag by Papkuilsfontein, waar ons stap-stap 35 verskillende blomspesies kon bewonder het, en die pragtige vetplantjies by die kwekery, was almal gereed vir nog ’n nuwe avontuur.

Ontbyt is geniet, bagasie gelaai… en toe is ons padlangs! 🚌🌿

Ons vertrek uit die omgewing en ry Klawer toe, waar ons by die N7 aansluit en suidwaarts mik. Die majestueuse Sederberge verskyn weer in al hul glorie – ’n uitsig wat ’n mens sommer stil maak. Intussen word daar lekker gesels oor al die plekke wat ons reeds besoek het, herinneringe word uitgeruil en natuurlik word daar ook behoorlik grappies gemaak. 😂

Toe kom die belangrike deel van die dag… lamspasteie! 😋
Ons het vooraf bestel by Kardoesiepadstal, en na ’n lekker vertoef daar klim ons weer in.

Vir die volgende skof neem Louis die stuurwiel, terwyl ek my plek as “gids” inneem. 😉 Ons kies koers na Hopefield, waar ons eers by Windtown Lodge gaan inboek.

Die kamers word bekyk, tasse neergesit en almal is tevrede. ✔️

Maar die dag is nog lank nie verby nie!

Ons vertrek na !Khwa ttu, waar ons meer leer oor die San, die eerste bewoners van hierdie streek, hul geskiedenis, kultuur en leefwyse. ’n Besonderse ervaring wat ons reis soveel meer betekenis gee. 🌍

Terug by die lodge wag daar natuurlik net een ding…

🏉 BOKKE! BOKKE! BOKKE! 🇿🇦

En ná ’n klein bietjie vertraging word die dag afgesluit met ’n heerlike aandete op die vuur by die Boesmanland Plaaskombuis. 🔥🍖

’n Lang dag.
’n Vol dag.
’n Dag vol nuwe stories, nuwe kennis en baie lag.

Moeg… maar baie tevrede. ❤️

Nou is dit bedtyd.

🌙 Goeie nag, Weskus Veldblommetoer-vriende!
Môre wag daar weer ’n nuwe avontuur… 🌼🚌🇿🇦

29/08/2026

🌿🌸 DAG 4 – WESKUS VELDBLOMMETOER 🌸🌿

Vandag slaap ons sommer ’n bietjie langer! 😴🌞 Elkeen geniet ontbyt op sy eie tyd — want op toer moet ’n mens darem ook soms die wekker ’n bietjie genade betoon! 😂

Teen 08h45 is die bagasie gelaai en ons is reg om verder noordwaarts te trek. Maar nie voordat ons ’n besonderse besoek aan Skimmelberg Rooibos & Buchu Teeplaas aflê nie. 🌱

Nicci gee vir ons ’n ongelooflike interessante begeleide toer en vertel ons meer oor die geskiedenis van die plaas, asook hoe rooibos en buchu verbou en verwerk word. Ons leer ook waarvoor buchu alles aangewend kan word.

Wat hierdie plaas nóg meer besonders maak, is dat dit 100% organies is en dat daar volledige naspeurbaarheid van die produkte is. Van die veld tot die koppie — elke stap het ’n storie. ☕🌿

Daarna vat ons weer die grondpad en sluit by die N7 Noord aan. Ons laai ons vriende by Velskoenpadstal af terwyl die span gou die sleepwa gaan haal. 🚐🛻

Met elkeen se versnapering veilig in die hand — want honger toeriste is gevaarlike toeriste! 😄 — sit ons koers na die bekende Trawal-biltongwinkel. 🥩

En toe wag daar nog ’n heerlike ervaring by Klawer Wyne: ’n besondere rooibos-en-wyn-paring waar ons ontdek hoe verrassend goed die geure van die streek bymekaar pas. 🍷🌿

Teen 17h00 arriveer ons by Melkboomsdrift Gasteplaas, ons tuiste vir die volgende twee nagte. 🏡

’n Dag vol stories, nuwe kennis, plaaslewe, padkos en natuurlik die lekkerste deel van enige toer — saam kuier en herinneringe maak. ❤️

🌵🌸 Môre wag Kokerbome, veldblomme wat dalk nog hul mooiste gesiggies vir ons wys, en ’n piekniek sommer daar tussen die blomme!

Die Weskus hou aan verras… en ons is reg vir nog ’n dag se ontdekking! 🌿🌼

Shalom! 🙏

27/08/2026

🌸 WESKUS VELDBLOMMETOER – DAG 3 🌸
🚍 Nog ’n dag vol stories, blomme en lekker saamkuier!

Vanoggend het ons die dag begin met ’n heerlike ontbyt saam langs die Weskus by Draaihoek Lodge. Vriendelike personeel en ’n ontbyt wat met soveel passie voorberei is – presies die regte manier om ’n besige dag aan te pak! ☕🥐

🚍 Elandsbaai toe!
Ons besoek die grot by Bobbejaansberg, waar ons elke toervriend en -vriendin die geleentheid gee om die grot te verken. Louis vertel ons meer oor die interessante geskiedenis van die grot – en natuurlik luister almal aandagtig... voordat die klouter-klouter begin! 😂

Daarna is ons vinnig af na Elandsbaai Hotel vir ’n welverdiende koffie. ☕ ’n Mens kan mos nie net op veldblomme en avontuur leef nie!

🌿 Op Clanwilliam toe!
Naby Graafwater vertel Louis ons die interressante storie van die Heerenlogement oftwel die "Gentleman's Club grot". By die hotel haak ons die sleepwa af en vertrek ons verder teen die Pakhuispas uit. Hier wag daar ’n besondere oomblik.

Louis doen ’n voordrag van C. Louis Leipoldt se bekende gedig “Hantam”, wat die landskap rondom ons sommer nóg meer betekenis gee. En as ’n spesiale verrassing word daar ook ’n geraamde weergawe van die gedig deur middel van ’n trekking aan een van ons toervriende oorhandig. 📜❤️

Daarna wys Louis vir ons die Engelsman se graf, voordat ons met die grondpad afbeweeg na die Biedouwvallei.

🌼 En toe kom die groot veldblom-verwagting...

Nou ja... ons kan almal sê ons was in die Biedouwvallei! 😂 Maar wat die blomme betref, moes ons ongelukkig tevrede wees met ’n blommetjie of twee. Die natuur bepaal mos self die program – nie eers Rev Jou Toere kan vir Moeder Natuur voorskryf nie! 😉

🚶‍♀️🚶‍♂️ Terug by Soldaatkop stap almal saam en geniet ons die lekker skerts en stories tussen vriende. Dis juis hierdie oomblikke wat ’n toer meer maak as net ’n reis – dit word ’n belewenis van saam behoort. ❤️

🍽️ Ons sluit die dag af met ’n heerlike aandete by Die Kelder Restaurant, waarna ons mekaar groet na nóg ’n lang, vol dag.

🌙 Nou ja... môre wag daar weer ’n besige program!

Vir eers: goeie nagrus, toervriende.
Môre pak ons die pad weer aan – met skoene aan, kamera reg en natuurlik... steeds op soek na daardie perfekte veldblom! 🌸😂

Rev Jou Toere – dis meer as ’n reis, dis ’n belewenis van behoort. ❤️

🌸 WESKUS VELDBLOMMETOER – DAG 2 🌸Van fossiele tot veldblomme, visserye en ’n heerlike plaaskuier!Na ’n heerlike nagrus e...
26/08/2026

🌸 WESKUS VELDBLOMMETOER – DAG 2 🌸
Van fossiele tot veldblomme, visserye en ’n heerlike plaaskuier!

Na ’n heerlike nagrus en ’n pragtige, windstil oggend begin ons Dag 2 met ’n gesamentlike ontbyt — presies die regte manier om ’n dag vol ontdekkings aan te pak! ☀️🌿

Ons eerste stop is die Weskus Fossielpark, waar ons terugstap in die geskiedenis en meer leer oor die ongelooflike fossiele en dierelewe wat miljoene jare gelede hierdie gebied bewoon het. 🦴🌍

Daarna is dit Jacobsbaai toe, met groot verwagtinge oor veldblomme en bolplante. En ons word nie teleurgestel nie! 🌼🌱

Ons veldblomkenner Edwin Dwyer wys vir ons die klein, interessante besonderhede wat ’n mens maklik sou miskyk. En toe verskyn een van my persoonlike gunstelinge — die pragtige Spinnekopblom (Ferraria)! 🕷️🌸

Maar die groot verrassing wag nog: ons ontdek ’n hele lappie Daisies! 📸🌼
Natuurlik beteken dit net een ding… kameras uit en poseer! Ons kry sommer ’n paar pragfoto’s.

Daarna vertrek ons na Velddrif, maar helaas… dit is reeds “tjailatyd”! 😂 Ons maak dus ’n draai by Laaiplek-hawe, terwyl Louis ons vertel van die plaaslike soutwerke, die Bergrivier-kanomarathon en die geskiedenis van die visserybedryf. ⚓🐟

Teen ongeveer 17:00 trek ons in by Draaihoek Lodge — en wat ’n juweel van ’n plek! 🌿🏡
’n Mens kan sommer voel hier wag ’n lekker aand.

En toe kom die kersie op die koek: ’n langtafel-ete met watertand-beesstert, heerlike groente en kappokaartappels… alles van die boonste rakke! 😋🍽️

Môre wag daar ’n baie warm dag, maar dit keer ons natuurlik nie! ☀️
Ons gaan die Biedouwvallei en ander erfenisterreine besoek, en natuurlik wag Ramskop en die Straussberger-velde ook op ons. 🌸🌿

Die Weskus hou aan verras… en hierdie groep hou aan geniet! ❤️

Nag ou grote! 🌙✨
Môre is daar weer ’n nuwe dag, nuwe stories en hopelik nog baie veldblomme! 🌼

🌼 DAG 1 | WESKUS VELDBLOMMETOER 2026 🌼Van Albertinia se stories tot die eerste veldblomme – en uiteindelik die Weskus!07...
24/08/2026

🌼 DAG 1 | WESKUS VELDBLOMMETOER 2026 🌼
Van Albertinia se stories tot die eerste veldblomme – en uiteindelik die Weskus!

07:30 vertrek ons vanaf Groenkloof op ’n pragtige sonskynoggend. By Salt & Copper in Hartenbos tel ons die res van ons vrolike blommetjie-span op. Sommer vroeg is dit duidelik: hierdie groep gaan lekker saam toer! 🌸🚌

Ons vat die lang pad noordwaarts en ry verby Albertinia en Riversdale. Albertinia is natuurlik die tuiste van die beroemde Dekriet, ’n plant wat so kenmerkend van die streek se natuurlike landskap is.

En dan kom die stories… 😄

Ons beweeg deur die omgewing van Riversdale, waar die legende van die Spookmeisie van Uniondale steeds deel van die Suid-Afrikaanse folklore is. ’n Mens kan nie deur dié wêreld ry sonder om die mooi van die fynbosstreek raak te sien nie.

Verder aan herinner die bekende Sleeping Beauty van die Langeberge ons aan die wonderlike plekname en legendes wat Suid-Afrika se landskap so besonders maak. 🏔️✨

By Rolandale stop ons vir ’n heerlike roosterkoek-brunch – want veldblomme bewonder verg energie! ☕🥯

Daarna vergader die “Elders” eers oor die dag se sake 😄 en ’n gerieflike stop by Worcester volg.

Toe begin die landskap behoorlik verander.

Ons ry deur die asemrowende Bainskloofpas, verder deur Wellington en Malmesbury, met die Swartland se goue koringlande en helder kanolavelde wat soos ’n skildery voor ons uitstrek. 🌾💛

🌼 EN TOE… DIE EERSTE VELDBLOMME! 🌼

Naby Darling begin ons die eerste tekens van die rede vir hierdie hele avontuur sien. Hier en daar verskyn die eerste kleurvolle blommetjies langs die pad – ’n klein voorsmakie van wat nog voorlê.

Ons maak ook ’n vinnige stop by die Blokhuis-gedenktuin by die Darling begraafplaas, voordat ons verder ry en by Tienie Versfeld Reservaat indraai.

Teen 17:00 arriveer ons by Windtown Lodge in Langebaan. 🌊🏡

’n Vroeë aandete, lekker gesels en baie lag later, groet ons mekaar teen 20:15 vir ’n welverdiende nagrus.

En die Weskus? Hy het ons sommer dadelik gewys wie is baas! 😄
💨 Koud. Sterk wind. Tipies Weskus!

🌸 DAG 1 IN ’N NEUTEDOP:

☀️ Sonskyn vertrek uit Groenkloof
🚌 Vrolike groep & nuwe vriendskappe
🌿 Dekriet en Albertinia se stories
👻 Uniondale se Spookmeisie-legende
🏔️ Sleeping Beauty
🥯 Roosterkoek-brunch
⛰️ Bainskloofpas
🌾 Swartland se koring- en kanolavelde
🌼 Eerste veldblomme by Darling
🌸 Tienie Versfeld
🌊 Windtown Lodge, Langebaan
🍽️ Vroeë aandete & lekker kuier
💨 En natuurlik… die Weskus-wind!

Dag 1 was nie net ’n reis van A na B nie. Dit was stories, landskappe, legendes, blomme, lag en ’n groep mense wat reeds besig is om ’n week se mooi herinneringe saam te skep. ❤️🌼

Môre wag die Weskus se blomme… en ons is reg! 🌸🌸🌸

🌸 WESKUS & NAMAKWALAND VELDBLOMMETOER | 24–31 AUGUSTUS 2026 🌸📍 Vertrek vanaf GeorgeDie aftelling het begin! 🌼🚌By Rev Jou...
22/08/2026

🌸 WESKUS & NAMAKWALAND VELDBLOMMETOER | 24–31 AUGUSTUS 2026 🌸
📍 Vertrek vanaf George

Die aftelling het begin! 🌼🚌

By Rev Jou Toere glo ons ’n besondere toer begin nie wanneer die bus vertrek nie — dit begin reeds voor die eerste kilometer.

Ons span is gereed. Die bussie en sleepwa is skoongemaak, die goodiebags is gepak, die toerprogram is finaal gedruk, ons spyskaarte is saamgestel en al die afsprake is bevestig.

Maar die belangrikste voorbereiding het reeds gebeur...

☕ Ons pre-toer koffieafspraak.

Daar het ons mekaar ontmoet, gesels, gelag en reeds begin om vriende te maak. Daarom klim ons op die bus nie as ’n groep vreemdelinge nie, maar as mense wat reeds ’n bietjie van mekaar weet — en gereed is om saam herinneringe te maak.

🌸 Hierdie is nie sommer net nog ’n veldblommetoer nie.

Dit is ’n noukeurig saamgestelde belewenis, ontwikkel deur ervare mense wat verstaan dat ’n goeie toer oor veel meer gaan as bestemmings en kilometers.

Dit gaan oor die mense langs jou.
Oor stories wat gedeel word.
Oor lag totdat jou maag seer is.
Oor ’n landskap wat jou stil maak.
Oor daardie oomblikke wat jy jare later nog onthou.

Rev Jou Toere skep ’n belewenis — ewigheidswaarde en sielsvervulling. ❤️

Dit is meer as nostalgie.
Dit is meer as ’n roadtrip.
Dit is meer as net ’n vakansie.

Dit is Rev Jou Toere.

🌿 Toere sonder brieke.
Met sorg beplan.
Met passie aangebied.
Met mense eerste.

Ons nooi jou om deel te word van die Rev Jou Toere-familie — waar vreemdelinge vriende word en ’n toer ’n herinnering word wat jy saam met jou huis toe neem.

🌸 Volg ons op Facebook!

Elke aand tydens die Weskus & Namaqualand Veldblommetoer gaan ons julle saamneem op ons dag se wedervaringe — die blomme, die landskappe, die lekker eet, die verrassings, die stories en natuurlik die pret langs die pad!

Rev Jou Toere
Dis meer as ’n reis — dis ’n belewenis van behoort. 🌸❤️

Bon voyage🥂

22/08/2026

BOEK ASB~SATERDAG en SONDAG in Gouritzmond.🌊 11h by die Jukskei klub. WhatsApp 082 819 0073 💬
Als oor Roofvoëls! 🦉🦅🩵

🚍🌿 Wil jy graag deel wees van REV JOU TOERE se laasste toere in 2026?  – Bespreek nou - JOU AVONTUUR WAG! 🌊🍷🦓Ons pryse i...
17/08/2026

🚍🌿 Wil jy graag deel wees van REV JOU TOERE se laasste toere in 2026? – Bespreek nou - JOU AVONTUUR WAG! 🌊🍷🦓

Ons pryse is nie aangepas na die dieselprys fiasko nie. Dus maak gebruik van die geleentheid en bederf jouself óf vir manlief / vroulief - ja selfs jou beste vriendin en toer saam vanaf George.🥂

📅 26–30 Oktober 2026 ( vanaf George)
🍷🏔️ Mooiste Kaap & Wynlande Toer
Ontdek die prag van Kaapstad, die asemrowende Wynlande, wêreldbekende wynlandgoedere, historiese dorpies, ikoniese besienswaardighede en onvergeetlike natuurskoon. Nie eens te praat van die interresaante stories, geurige etes en kwaliteit akkommodasie nie!

📅 23–27 November 2026 (vanaf George)
🦓🌳 Addo, Tsitsikamma & Tuinroete toer.
Ervaar 'n unieke kombinasie van wild, woude, kuslyne, avontuur, erfenis, geskiedenis en die mooiste dele van die Tuinroete – alles in een ontspanne toer. Dalk nog 'n verrassing of twee.

🌟 Waarom kies 50-plussers, Seniors en reisigers van alle ouderdomme vir Rev Jou Toere?

🛡️ SATSA Bonded Lid – Reis met gemoedsrus saam met 'n betroubare en geregistreerde toeroperateur in die Toerismebedryf.

🚌 Eie luukse toervervoer – Geen uitkontraktering nie. Ons moderne voertuie en professionele bestuurders verseker gemak en veiligheid van begin tot einde.

🌿 Toerisme Spesialis – Ons ken die land se streke soos min ander en wys jou die bekende hoogtepunte én die versteekte juwele.

👨‍🏫 Gekwalifiseerde toergidse bring elke bestemming tot lewe met boeiende stories, interessante geskiedenis, plaaslike kultuur en fassinerende feite.

🕰️ Ontspanne 5 Dae / 4 Nagte – Geen gejaag of lang, uitputtende dae nie. Net genoeg tyd om elke bestemming behoorlik te beleef en te geniet.

🏛️ Ontdek geskiedenis.
🌿 Bewonder die natuur.
🎭 Ervaar ons kultuur.
📸 Skep onvergeetlike herinneringe.
🍷 Geniet plaaslike kos en wyn.
🤝 Bou nuwe vriendskappe met mense wat dieselfde liefde vir reis deel.

By Rev Jou Toere glo ons dat 'n toer veel meer is as net 'n vakansie. Dit is 'n ervaring waar mense saam lag, leer, ontdek en herinneringe skep wat nog lank ná die toer voortleef. Daarom reis baie van ons gaste jaar ná jaar weer saam met ons.

Of jy alleen reis, saam met jou lewensmaat, familie of vriende – jy is altyd deel van die Rev Jou Toere-familie.

🎟️ Slegs TWEE toere oor vir 2026!
Moenie wag totdat hulle VOLBESPREEK is nie.

📞 Bespreek vandag nog jou plek en sluit 2026 af met 'n reis om te onthou!

Rev Jou Toere - waar elke toervriend & toervriendin belangrik is.
🛡️ SATSA Bonded Lid
🚌 Eie Luukse Toervervoer
🌿 Suid Afrika spesialiste
❤️ Waar elke toer 'n storie vertel, elke bestemming 'n nuwe ontdekking is en elke reisiger soos familie behandel word.

Address

Mosselbaai
6620

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rev jou Toere posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share