Agrofors

Agrofors AGROFORS (Pty) Ltd is a South African company, established in 2020, and situated in the Klein Karoo region of South Africa.

The companies, AGROFORS and Klein Karoo Seed Production (Pty) Ltd (KKSP) are both part of the Klein Karoo Seed Group, which is a subsidiary company of the agricultural holding company, Klein Karoo Group (KKEB). KKSP has a well-established footprint in both the local and international agricultural market. The company has more than 40 years of experience in seed production, with a technologically ad

vanced seed cleaning facility and a fully equipped ISTA accredited seed testing laboratory. With the backing of this agricultural powerhouse, the focus of AGROFORS is more specifically on the procurement, marketing, sales and distribution of forage and pasture seeds, as well as fertilizer, and agrichemicals. Currently we are only importing, buying and|or selling public varieties, but we are working towards obtaining exclusive varieties for our forage and pasture crop portfolio. The focus is to provide a broad range of proprietary and exclusive pasture and forage varieties from quality suppliers to the South African, and African market. While we are working towards providing the full range of pasture and forage crops, the key products we are currently focusing on is annual ryegrass, forage cereals, perennial ryegrass, festulolium, cocksfoot, tall fescue, forage sorghum and lucerne (alfalfa).

02/09/2026

Wanneer reën oneweredig in die somer val en warm, droë tydperke langer voortduur, raak voervloeibeplanning al belangriker. Die uitdaging is nie net om genoeg voer te produseer nie, maar om die regte tipe voer op die regte tyd beskikbaar te hê. Voersorghum is ’n warmseisoengewas wat goed by hoë...

Nie al die voer wat gedurende die somer geproduseer word, hoef gedurende die somer benut te word nie.Dit is waar Sugargr...
02/09/2026

Nie al die voer wat gedurende die somer geproduseer word, hoef gedurende die somer benut te word nie.

Dit is waar Sugargraze 'n besondere rol in voervloeibeplanning kan vervul.

Sugargraze is 'n soetsorghumbaster met 'n lang benuttingsperiode wat verskillende opsies deur die seisoen bied:

🌱 Benut dit nou
Waar somerweiding benodig word, kan die gewas gedurende die groeiseisoen bewei word.

🌱 Bewaar 'n surplus
Waar meer voer geproduseer word as wat betyds benut kan word, kan dit vir kuilvoer geoes word.

🌱 Hou voer vir later
Waar die behoefte eers later ontstaan, kan 'n gedeelte langer staan vir benutting gedurende die herfs en winter.

Dit gee boere die geleentheid om somerproduksie doelgerig oor 'n langer deel van die voervloei te benut.

Sugargraze verbind dit wat vandag groei met die voer wat later nodig gaan wees.

Gesels met AgroFors oor hoe Sugargraze in jou somervoer- en voervloeibeplanning kan pas.

Jarelange kundigheid wat verder strek as die produk!Ons verwelkom Dirk Coetzee by AgroFors as Produkspesialis.Met sy teg...
01/09/2026

Jarelange kundigheid wat verder strek as die produk!

Ons verwelkom Dirk Coetzee by AgroFors as Produkspesialis.

Met sy tegniese kundigheid sal Dirk ’n gespesialiseerde tegniese rol binne AgroFors vervul, met ’n landswye fokus op ons aangeplante weidings en voergewasse.

Sy rol bring agronomiese kennis, produkkennis en praktiese toepassing bymekaar – van tegniese produkadvies tot ondersteuning rondom kultivars en die voordele daarvan onder verskillende produksie- en omgewingstoestande.

Hierdie gespesialiseerde kennis versterk AgroFors se vermoë om nie bloot ’n produk aan te bied nie, maar die tegniese kennis daaragter in praktiese aanbevelings te vertaal.

Welkom by AgroFors, Dirk. Ons sien uit na die kundigheid wat jy tot ons span en ons boere bring.

’n Nuwe gesig vir AgroFors in die Noord-Kaap. Ons verwelkom Wessel van der Merwe by AgroFors as Tegniese Bemarker vir di...
01/09/2026

’n Nuwe gesig vir AgroFors in die Noord-Kaap.

Ons verwelkom Wessel van der Merwe by AgroFors as Tegniese Bemarker vir die Noord-Kaap.

In dié rol sal Wessel nou saam met boere in die streek werk om die regte saad- en kultivarkeuses vir hul spesifieke omstandighede en produksiestelsels te maak.

Wessel word deel van AgroFors se landwye tegniese bemarkingspan en ons sien uit daarna om ons ondersteuning aan boere in die Noord-Kaap verder uit te bou.

Welkom by AgroFors, Wessel!

Met voersorghum gaan goeie bestuur nie net oor hoe goed die gewas groei nie, maar ook oor wanneer dit benut word.Te vroe...
31/08/2026

Met voersorghum gaan goeie bestuur nie net oor hoe goed die gewas groei nie, maar ook oor wanneer dit benut word.

Te vroeg
Die gewas het moontlik nog nie genoeg biomassa opgebou om die beskikbare produksiepotensiaal ten volle te benut nie.

Te laat
Namate die gewas ontwikkel, neem die hoeveelheid stingelmateriaal toe en kan voedingswaarde afneem.

Net reg
Die doel is om die gewas te benut wanneer daar 'n goeie balans tussen voeropbrengs en voedingswaarde is.

By sorghum-soedangrasbasters is daar nóg 'n belangrike oorweging: hergroei.

Waar die gewas herhaaldelik benut moet word, behoort dit nie te laag afgewei of gesny te word nie. Voldoende blaarmateriaal moet agterbly om herstel en hergroei te ondersteun.

Tydige benutting gaan dus nie net oor die voer wat vandag beskikbaar is nie.

Dit beïnvloed ook wat die gewas daarna kan lewer.

Goeie somervoer vra goeie tydsberekening.

Voersorghum bied meer as een benuttingsmoontlikheid. Maar dit beteken nie dat elke kultivar ewe geskik is vir elke doel ...
28/08/2026

Voersorghum bied meer as een benuttingsmoontlikheid. Maar dit beteken nie dat elke kultivar ewe geskik is vir elke doel nie.

WEI
Waar somerbeweiding en herhaalde benutting die fokus is, is vinnige vegetatiewe groei en goeie hergroeivermoë belangrik.

SNY
Voersorghum kan as groenvoer gesny word, maar tydsberekening bly belangrik om 'n goeie balans tussen opbrengs en voedingswaarde te behou.

KUIL
Waar voer vir later bewaar moet word, raak kultivareienskappe, ontwikkelingstadium en die geskikte droëmateriaalinhoud belangrike oorwegings.

STAAN
Sekere soetsorghums kan langer in die land gehou word om die benuttingsperiode te verleng en voer later in die jaar beskikbaar te stel.

Dieselfde gewasgroep kan dus verskillende rolle in jou voervloei vervul.

Die vraag is nie net wat jy gaan plant nie. Die vraag is wat jy daarmee wil doen.

Gesels met AgroFors oor die voersorghumkultivar wat by jou beoogde benutting pas.

Die waarde van voersorghum lê juis daarin dat verskillende kultivars vir verskillende benuttingsdoele aangewend kan word...
26/08/2026

Die waarde van voersorghum lê juis daarin dat verskillende kultivars vir verskillende benuttingsdoele aangewend kan word.

Daarom begin kultivarkeuse nie by die naam op die sak nie, maar by die rol wat die gewas in jou voervloei moet vervul.

🌱 SeedTop
'n Veelsydige sorghum-soedangras-baster vir boere wat somerbeweiding én die opsie van kuilvoer benodig. Vinnige groei en goeie hergroeivermoë bied ruimte om die benutting gedurende die seisoen volgens die voerbehoefte en groeitoestande aan te pas.

🌱 Sweet Spot
'n Soetsorghumbaster wat veral geskik is vir groenvoer en kuilvoer. Die hoë suikerinhoud bied 'n verdere voordeel tydens inkuiling, mits die gewas op die geskikte ontwikkelingstadium en droëmateriaalinhoud geoes word.

🌱 Sweet Amber BMR
'n BMR-soetsorghum vir stelsels waar veselverteerbaarheid 'n belangrike oorweging is. Die laer lignieninhoud bied die potensiaal vir beter verteerbaarheid van die veselkomponent en maak dit veral geskik vir groenvoer en kuilvoer.

Drie kultivars. Drie verskillende rolle.

Die doel bepaal die kultivar – en die kultivar bepaal wat jy uit die groeiseisoen kan haal.

Gesels met AgroFors oor die voersorghumopsie wat by jou voerbehoefte en beoogde benutting pas.

Wanneer temperatuur, grondvog en plantvoeding gunstig is, kan voersorghum vinnig groei.Maar vinnige groei bring ook 'n b...
24/08/2026

Wanneer temperatuur, grondvog en plantvoeding gunstig is, kan voersorghum vinnig groei.

Maar vinnige groei bring ook 'n belangrike bestuursbesluit:

Wanneer gaan jy dit benut?

Namate die gewas ontwikkel, neem die hoeveelheid stingelmateriaal toe en kan die voedingswaarde afneem. Die doel is daarom om die gewas te benut terwyl daar steeds 'n goeie balans tussen voeropbrengs en voedingswaarde is.

En daardie balans lyk nie vir elke voerbehoefte dieselfde nie.

Beweiding, groenvoer en kuilvoer stel verskillende vereistes aan die gewas en die stadium waarop dit benut word.

Daarom begin goeie somervoerbeplanning nie net by hoeveel die gewas kan produseer nie.

Dit begin by wat jy met daardie produksie wil doen.

Gesels met AgroFors oor die voersorghumopsies vir jou voerbehoefte en benuttingsdoel.

Die verskil tussen voersorghumkultivars lê nie net in hoeveel voer hulle kan produseer nie, maar ook in hoe daardie voer...
21/08/2026

Die verskil tussen voersorghumkultivars lê nie net in hoeveel voer hulle kan produseer nie, maar ook in hoe daardie voer benut kan word.

Waar somerbeweiding en hergroei die hoofdoel is, bied sorghum-soedangras-basters 'n waardevolle opsie.

Hulle groei vinnig, kan gedurende die groeiseisoen meer as een keer benut word en beskik oor goeie herstel- en hergroeivermoë wanneer voldoende grondvog en voedingstowwe beskikbaar is.

Twee kultivars uit die AgroFors-reeks wat hierdie rol vervul, is:

🌱 AgroGraze
Vir kwaliteit somerweiding waar beweiding en herhaalde benutting die fokus is.

🌱 FatBoy
Vir herhaalde benutting gedurende die somer, met die verdere opsie om 'n voersurplus vir kuilvoer te bewaar.

Dieselfde gewasgroep. Verskillende benuttingsmoontlikhede.

Kies eers die doel. Dan die kultivar.

Gesels met AgroFors oor die voersorghumkultivar wat by jou voerbehoefte en boerderystelsel pas.

Oktober merk die begin van die algemene plantvenster vir voersorghum, maar 'n datum op die kalender beteken nie noodwend...
20/08/2026

Oktober merk die begin van die algemene plantvenster vir voersorghum, maar 'n datum op die kalender beteken nie noodwendig dat dit reeds tyd is om te plant nie.

Voersorghum benodig warm grond vir vinnige ontkieming en egalige saailingontwikkeling.

As praktiese riglyn behoort plant plaas te vind wanneer die grondtemperatuur ongeveer 16 °C of hoër is en verder styg.

Maar temperatuur is nie die enigste maatstaf nie.

Beskikbare grondvog, jou streek en die lengte van die oorblywende groeiseisoen bepaal saam wanneer die geskikte plantgeleentheid aanbreek.

Te vroeg, en die grond is moontlik nog te koud vir goeie vestiging.

Te laat, en jy gee 'n deel van die beskikbare groeiseisoen prys.

Plantvenster beteken dus nie plantdatum nie.

Dit beteken dat jy gereed moet wees om te plant wanneer die toestande reg is – vroeër of later.

Gesels met AgroFors oor planttyd en kultivarkeuse vir jou omstandighede.

Address

1 Koöperasie Street
Oudtshoorn

Opening Hours

Monday 07:45 - 17:00
Tuesday 07:30 - 17:00
Wednesday 07:30 - 17:00
Thursday 07:30 - 17:00
Friday 07:30 - 15:45

Telephone

+27442035259

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Agrofors posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Agrofors:

Shortcuts

Share