17/09/2026
Die regte voersorghum vir die regte doel
Wanneer reën oneweredig val en warm, droë tydperke langer aanhou, word goeie voervloeibeplanning al belangriker. Met voersorghum gaan dit egter nie net oor hoeveel voer geproduseer word nie, maar ook oor wanneer en waarvoor dit benut kan word.
Voersorghum is goed aangepas by warm toestande en kan, afhangend van die kultivar, vir beweiding, groenvoer, kuilvoer of staande wintervoer gebruik word. Die regte kultivar moet daarom by die spesifieke voerbehoefte pas.
Agrofors se reeks sluit onder meer sorghum-soedangras-basters soos AgroGraze, SeedTop en FatBoy in, wat vinnige groei en hergroeivermoë bied en veral vir beweiding en herhaalde benutting geskik is. Sweet Spot is ’n soetsorghumbaster met ’n hoë suikerinhoud wat veral vir groenvoer en kuilvoer geskik is, terwyl Sweet Amber BMR op veselverteerbaarheid fokus. Sugargraze bied weer buigsaamheid van somerbeweiding en kuilvoer tot staande wintervoer.
Planttyd, grondvog en saaidigtheid speel ’n belangrike rol in suksesvolle vestiging. Voersorghum benodig warm grond, met 16 °C of hoër as praktiese riglyn. Goeie bestuur ná vestiging is net so belangrik, aangesien voedingswaarde kan afneem namate die gewas ouer word.
Produsente moet ook bewus wees van die risiko van blousuur- en nitraatvergiftiging, veral by jong plante en vars hergroei ná droogte of ryp.
Die belangrikste beginsel bly dus: kies eers waarvoor jy die voer nodig het, en kies dan die kultivar wat daarby pas.
Vir meer inligting oor AgroFors se voersorghumreeks, kontak 044 203 5295 of besoek www.agrofors.co.za.