05/01/2022
Die volgende pos is beskikbaar by Namgola Logistics vir 'n Logistieke Padvrag Koördineerder:
Beskrywing:
‘n Pos is beskikbaar vir ‘n manlike persoon, tussen die ouderdom van 21 en 28 jaar oud as Logistieke padvrag koördineerder by Namgola Logistics, Parys. Die ideale kandidaat moet beskik oor ‘n positiewe gesindheid en ‘n puntenerige, bekwame, selfgemotiveerde persoon wees met die vermoë om akkuraat en onder hoë druk (met tye) te kan werk sonder direkte toesig.
Vereistes:
• Ten minste 2 jaar ondervinding in logistieke administrasie/padvervoer kontrolering spesifiek in uitvoer asook invoer deur sub-Sahara Afrika.
• Rekenaarvaardighede in Microsoft Office (MS Outlook, MS Excel en MS Word).
• Bo-gemiddelde kommunikasie vermoë in beide Afrikaans en Engels.
• Goeie telefoon en elektroniese etiket.
• Basiese geografiese kennis van Suid-Afrika asook sub-Sahara Afrika.
Verpligtinge:
Pligte behels onder andere (maar is nie beperk tot die volgende nie):
• Daaglikse beplanning, plasing en koördineering van trokke (laai en aflaai).
• Direkte kommunikasie met trok drywers wat verantwoordelikheid sal insluit ondermeer:
o Roete beplanning vir laaipunte, in-transito, en aflaaipunte.
o Algemene probleem-identifikasie en oplossing tesame met die betrokke partye.
• Daaglikse gedetaïleerde kliënt opdatering (status en posisie van trokke) en soos verder benodig sou word.
• Genereer van fakture soos benodig deur debiteure.
• Alle aspekte rakende die generering en hantering van uitvoerdokumentasie en permitte (in samewerking met grensposklaringsagente).
• Hantering van algemene telefoniese asook e-pos navrae en kwotasies.
• Alle ander verwante administratiewe en finansiële take tot betrekking met die doelgerigte lewering van ‘n gehele diens.
Verdere Inligting:
‘n Toepaslike naskoolse kwalifikasie sal in die aansoeker se guns tel (maar is nie ‘n vereiste nie).
Werksure: Maandag tot Vrydag (07:00 – 17:00) asook na-ure en naweke soos benodig (sluit in “stand-by”).
Area: Parys, Vrystaat.
Tipe Aanstelling: Permanent.
Diensaanvaarding: So gou moontlik.
Indien u belangstel, en aan al die veristes voldoen, rig ‘n CV en dekbrief aan Namgola Logistics by [email protected] (slegs CV's via e-pos sal oorweeg word).