07/03/2020
Liefde is een ding, maar liefde wat onkondisioneel is, en vir altyd sal waar wees is skaars. My hart is so seer, en tog is mamma daar saam met my. ❤️ Ons kon darem saam dans en so effens saam gesels. Ma is my klip in die lewe, sonder wie ek nie kon leef nie. ❤️ Ma d**k aan alles wat ek nie aan ged**k het nie, en ma beplan vir alles wat ek nie in ag geneem het nie. Ma is my beste maatjie, my naaste vriendin en altyd daar om in te staan of te luister as ma sien dinge is nie lekker nie. Mense verstaan nie altyd hoe ons verhouding werk nie, maar ma is 'n deel van my hart, en ma weet ek is altyd daar as ma wil praat. Ma het my nie beoordeel toe ek uit die kas uit gekom nie, en nog nooit van daar af nie. My liefde vir my ouers is oneindig, hulle dra my as ek nie meer weet hoe nie. Julle is my lewe en my toekoms, en ek is baie lief vir julle. Saam met my pa wat so soortgelyke hart het as ek, is daar geen kans dat ek dalk iemand anders se kind was nie. En tot al is ek die melkman se kind is dit okay... Julle is saam met my deur "ek soek koffie" skree in pa se ore, en "ek soek groen koeldrank" tyd wat maar eintlik net water met groen kleursel, suiker en water was. En nog steeds staan julle op en doen wat julle moet om my aan die gang te hou en te help soos ek my lewe probeer bou. Nooit het julle 'n oog geknip oor wat ek sê of wat ek bedoel nie, en ek is geëerd om saam met moeder by my beste maatjie se troue te kon wees, en het pa net so baie daar gemis. 💔 Al was pa nie daar nie, hoop ek pa weet dat my lewe en my motivering draai om pa en ma se onselfsugtige besluite. Julle is my alles en ek wens julle sien dit altyd raak♥️ My hart is 'n gebroke ysberg, maar julle is die gom wat my lewe aan die gang hou. Ek daarvoor sal ek nooit kan dankie sê nie. Ek is lief vir julle ❤️ https://ift.tt/2TPYdPU